BITTER WOESTYN SPIEËL

    Share
    avatar
    Liska Mariska Hulme

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 40

    BITTER WOESTYN SPIEËL

    Post by Liska Mariska Hulme on Fri 04 Jan 2013, 1:26 am

    BITTER WOESTYN SPIEËL

    Soekend deur woestyne
    Eie ek brandende pyn
    Dooie mens lewend tot as
    Verskroeide hartskaart myne

    Pik na ontwykende
    Herleef slegs wyer seer
    Paaie kronkelend es
    Slangspugend heen en weer

    Korrel vir korrel
    Sluk ek droogte onbeheers
    Sandsmaak in my mond
    My bitter allemans grond

    Seilend tot teen die spieël
    Turend na vergete ek
    My drome my sielsboei
    My begeertes my redding

    L.M. HULME

    02/01/2013

      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 10:46 am