FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Lente is my seisoen

    avatar
    etienne63


    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-07
    Age | Ouderdom : 39

    Die Lente is my seisoen Empty Die Lente is my seisoen

    Post by etienne63 Sun 13 May 2012, 9:48 pm

    "Die lente is my seisoen,vir een rede en een rede aleen,die reuk.Dit is die die reuk van lente wat al die mooiste en beste herinneringe oopkrap wat ek in my lewe al bymekaar gemaak het.Ek het nie baie van dit nie,maar die wat ek het sal ek nooit laat gaan nie".Dit is n laat vrydag middag.Ek is moeg gewerk,my brein is sif en moeg en my lyf dra nou die nagevolge van die harde arbeid waarmee ek besig was.Die bloeisels ruik sterk en dit broei n gevoel van geluk en mismoedigheid binne in my uit.Ek wil so stil as moontlik by my woonstel inglip.Vanaand is nie n aand vir mense om my nie.So stil as wat my vaardigheid my toelaat sluip ek die kompleks binne.Ek voel soos Tom Cruise in "Mission impossible",kompleet met die tema lied in die agtergrond.Ek is wilder as die swart kat en niks en niemand gaan weet van my teenwoordigheid nie.Saggies en tjoepstil trippel ek op my tone teen die muur af.Ek glip by die deur in en ek gee twee tree,nog een tree,maar ek trap my veiligheids skoen se veter raak en voeter kop eerste teels toe.Ek le vir n paar sekondes doodstil en wonder hoekom dit veiligheids skoene genoem word as ek minstens twee keer n dag die een meter lange veters raaktrap en my self "dom" val.Ek raak nie eers kwaad nie,want die reuk van lente hang sterk in die lug.Die tor in my kop werk oortyd om al die ou argiewe daar doer agter in my brein uit te haal.My beste oomblikke in my middelklas lewe wat ek nooit sal vergeet nie.Dit is al skemer en ek staan op en is sleepvoets yskas toe.My tor gryp links en regs na ou herinneringe.Ek haal ses van my beste vriende uit.Ek sing n onbekende aanhaling wat ek iewers in n kroeg gehoor het."Charles Glass can kiss my boude ,'coz I will only drink black label"Ek lag half verlee omdat ek nie wil lelik praat nie,maar meer omdat hier niemand is wat my kan hoor nie".Beter vriende as die kry jy nie sommer nie.Hulle is altyd daar as jy hulle nodig het, probeer jou nie raadgee as jy oor jou probleme praat nie en hulle luister aandagtig tot hulle klaar gekuier het.Nie dat ek nou n probleem het nie.Dit is net die reuk van die lente wat my weer help om daardie mooiste oomblikke te herleef in my gedagtes.Ek mis mense wat ek ken en geken het en sommer glad nie ken nie.Sonder geen twyfel is die beste herinnering die eerste liefde van my lewe,Mia van Niekerk.Ek was graad agt en Mia was graad sewe.Ons het kilometers uit mekaar gebly, maar elke vakansie het sy by haar oupa kom kuier wat net twee huise weg gebly het van ons huis.Sy was die mooiste meisie wat ek daardie tyd in my lewe gesien het.As ek hoor Mia kom kuier trek ek my mooiste broek en hemp aan selfs skoene ook,want daardie tyd was n kaalvoet klonkie,ek kam sommer my hare en borsel my tande.Ons was altyd maar net maats,altyd rondgespeel op die kerk se grasperk.Ek kyk na die ses biere en se. "Die dinge wat ons as kinders altyd gedoen het,die dae van kettie skiet,balgooi en waar ons deur gras sproeiers kon hardloop met ons somersklere en die beste van als,boomklim".My gedagtes dwaal,dit was die tyd wat ek n "pie" en n "coke" kon koop vir twintig rand.Ek gaan weer terug na Mia toe.Dit is hoe ek haar aandag gekry het,met boomklim.Ons laaities het maar altyd probeer "afshow".Ek het hierde spesifieke boom geklim in haar oupa se erf.Ek het soos Tarzan gevoel,een tak na die ander tak geklim bekruip en bespring.Ek het hier en daar n grappie gemaak."Dit is een ding wat ek geleer het,as jy n meisie kan laat lag is jy halppad deur om haar hart te wen".Dit het nogals gewerk,maar my windgatgeit het die beste van my gekry en ek het n dunnerige takkie onderskat.Dit het geknak soos n vuurhoutjie onder my gewig en ek het geval tot op n dikker tak,maar die dikker tak het nog n dunner takkie bo op gehad en ek het wydsbeen op die twee takke te lande gekom.Die kleiner takkie het my "mannelikheid" vasgeknyp teen die dikker tak en my oe het omgedop.Ek kon glad nie beweeg nie,anders het dit net meer geknyp.Ek het soos n vrot vel uit die boom geval en plat op my rug te lande gekom.Ek het letterlik geval dat ek hik en die enigste woorde wat ek kom uitkry,in n baie fyn stemmetjie was,"Ek het dit beplan".Sy het begin lag, hard en uit haar maag uit,so erg dat sy n "glipsie" gehad het.Als het net van daar af so lekker gegaan.As jy nog nooit uit n boom geval het nie, kan jy nie boomklim nie.So het dit gegaan elke dag na dag.Ek het permanent my naam met n plank geslaan.Sy was nie veel beter nie.Ons het saans op die grasperk gele en sterre kyk,lekker gesels en grappies gemaak.Ek het altyd met n glimlag op my hartjie gaan slaap.Selfone was daardie tyd nog net n gedagte, so ons het glad nie kommunikeer,behalwe skoolvakansies. n Jaar later het alles net opgehou,sy het nooit meer kom kuier nie.Ek kon nooit verstaan hoekom nie en ek het uiteindelik haar oupa gaan vra wat aangan.Hy het my geantwoord,"Mia en haar ouers het Australia toe imegreer".Ek het omgedraai en weggestap sonder om n woord te se.Mia was n besonderse mooi meisie met lang bruin hare,altyd in n poniestert,Sy het die mooiste groot potblou oe gehad en n glimlag wat enige seun sal laat bloos.Mia was so vier horisontale vingers op mekaar langer as ek en baie slanker,ek het al van vroeg af die lekker van eet ontdek,behalwe as Mia kom kuier het ,dan vergeet ek heeltemal om te eet.Dit is hoe ek Mia altyd onthou het.Ek het nooit weer n woord van haar af gehoor tot en met vandag toe nie.Die gedagte dat ek haar nooit weer gaan sien het my hart effens gekraak,maar eintlik laat bokspring omdat ons hele lewens nog voor ons gele het en enige iets kon nog gebeur,dalk kom sy terug.Min wetend dat dit die laaste gedagte en prentjie is wat ek van Mia sou he vir die res van my lewe.Ek het amper elke aand op die grasperk gele en gedoen wat ek en sy altyd gedoen het,maar dinge was net nooit weer dieselfde nie.My beste,maar hartseerste herinnering.Dalk moet ek dertien jaar later kyk of sy op "facebook" is.In dieselfde asem wil ek eerder nie kyk nie,want se nou net sy is nie dieselfde nie,ons het altwee groot geword en ek is eintlik bang dat die mooiste herinnering wat ek al die jare saam met my dra gaan verdwyn as ons dalk weer kontak maak.Vyf biere later le ek heel gemaklik en emosioneel op n tuinstoel,bene op die tafel uitgestrek, met n uitsig oor die dorp se liggies.Ek voel so rustig en kalm.n Hele paar goeie herinneringe speel deur my gedagtes,die eerste keer wat die Cheetahs die Blou bulle gewen het in n finaal op Loftus.My tuinstoel kraak saggies onder my,maar ek troos myself dat dit baie ou stoele is.Ek hoor n uil roep in die verte.Die klank kom al hoe nader.Ek mik na my laaste bier.Dit is al stik donker en die lente reuk raak al hoe sterker.Ek dink aan my laaste skooldag,defnitief in my top tien herinneringe,Joel stransky se wen skepskop teen die "All Blacks in vyf en negentig wereldbeker,ek was nie daar nie maar kanaal 231 op die skottel herinner my gereeld daaraan,nog n kraak in die stoel.Die uil raas hier reg bo my kop en my gedagte spat in skerwe.Ek wil na n lee blikkie gryp en gooi,maar ek voel nogsteeds so rustig en kalm dat ek dit eerder los.n Sekonde later val daar n baie groot blerts uil mis op my kop.Ek skrik en skop vorentoe,die stoel breek onder my .Ek tref die tafel met my voet soos ek skop en my laaste bier trek in n boog deur die lug.Ek le plat op my rug .Ek voel verlam,maar dit kan luigeit wees.Dinge gebeur in werklikheid baie vinnig,maar ek beleef elke deel n honderd keer stadiger.Ek gryp na my bier,maar vat net lug raak.Die blikkie bier kom mooi te lande op my borskas.Ek knip my oe n paarkeer om te fokus en die uil se sarkasme en huilery raak al dowwer.n Uil het nou net n glips op my voorkop gehad.Die "oumense" se altyd dit is jare se geluk as n voeltjie op jou skouer mis en ek weet baie goed dat as dit nie vir ongeluk was nie, het ek geen geluk ooit gehad nie.Ek besef dat geen van my beste herinneringe wat ek het ooit in die lente gebeur of plaasgevind het nie.Ek asem diep in en vul my longe met die reuk van lente.Dit is net die reuk van lente wat my herinneringe uitbring.Ek blaas stadig uit.Ek knak my laaste bier,nog yskoud,en ek vat n sluk.Ek glimlag breed en n laaste gedagte sweef deur my kop."Ek is verskriklik bly bly dat olifante nie kan vlieg nie".Die lente is my seisoen,vir een rede en een rede aleen,die reuk,dit is die reuk van lente wat al my mooiste en beste herrineringe weer terug bring.

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 9:54 am