HEERLIKSTE STRAF

    Share
    avatar
    Liska Mariska Hulme

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 40

    HEERLIKSTE STRAF

    Post by Liska Mariska Hulme on Thu 03 Jan 2013, 2:33 am

    HEERLIKSTE STRAF

    Dezi trek vir Mineor in van die stywe gallop waarmee sy hom vrye teuels gegee het, en laat hom dan rustiger nader drafstap aan haar gunsteling wegkruipplek, die natuurlike poel en waterval op haar oom se plaas langs haar eie plaas. Korreksie, op die plaas wat haar oom Jacques s’n wás, tot twee maande gelede toe hy besluit het om te verkoop sodat hy en tannie Marise op die dorp kan aftree. Sy weet nie wat sy gaan doen sonder hulle gereelde geselsies nie, hoe sy altyd kon gaan raad vra oor plaassake na haar ouers se ontydige dood in die lelike motor ongeluk, toe die bestuur van hulle plaas skielik op haar skouers alleen geval het, siende die enigste kind en wat tog nog altyd haar pa gehelp boer het, maar sy troos haar daaraan dat sy net kan bel of dorp toe ry indien sy hulle raad nodig het. Sy wonder egter oor die nuwe eienaar, blykbaar ‘n aantreklike vrygesel, maar sy bedonnerde persoonlikheid het hom vooruit geloop. Sy hoop maar hulle kom goed oor die weg, dat hy haar sal gun om nog na die poel toe te kom, maar dis later se bekommernis, sover sy weet het hy nog nie op die plaas aangekom nie, so sy kan ongesteurd nog haar tye hier geniet.

    Die poel blink nou koel voor haar, en Mineor halt automaties, hulle het al baie saam hiernatoe gery, sy en hierdie amper wilde perd van haar, wat nét vir haar op sy rug toelaat. Sy gly af teen sy lyf, skielik meer dringend, as sy besef hoe warm sy eindelik kry, straaltjie sweet wat afloop, paadjie vind tussen haar borste deur. Sy het net ‘n denim kortbroek aan, met een van haar gebruiklike geruite hempies, wat sy die onderste punte soos altyd styf bokant haar naeltjie vasgeknoop het, en omdat sy geweet het sy gaan poel toe ry, lê haar skoene en onderklere op die vloer langs haar bed.

    Die water lyk aanloklik koel, uitnodigend, en sy besluit om dadelik te swem. Dezi loer tog maar eers rond, vir veiligheid, want sy swem in haar evaspakkie hier, het nog altyd, omdat niemand anders tog ooit hier kom nie, en dis ‘n bevrydings gevoel, so naak in die yskoue water.

    Onbewus van ‘n paar striemende oë wat haar dophou vanuit die digte bome, stap sy nader aan die groot plat rots waarop sy gewoonlik sonbaai, en maak die knoop van haar bloesie los, laat dit grond toe val, en dan volg haar kortbroek. Sy strek haar warm lyf uit, arms hoog gelig, die son blink op haar kaal vol borste. Dan duik sy sierlik in, ril van die yskoue water, maar geniet die vloeiende water wat oor haar gly. Sy besluit om eers bietjie op haar rug te dryf voor sy onder die waterval sal gaan staan. Hierdie is wat sy sielsalig noem. Rustig raak tyd.

    Pierre sluk hard aan ‘n vloekwoord as hy ‘n perd se gallop hoor, hier waar hy oppad was na die poel wat hy gistermiddag op sy nuwe plaas ontdek het, en verwens dié mens wie dit ook al is. Hy kry warm, en wil nou dadelik swem, alleen. Maar dan trek sy oë op skrefies as hy die buurdogter van langsaan herken, die kinderlose egpaar oom Jacques en tannie Marise het hom foto’s van hul peetkind gewys, en hy het daai tyd nogal gedink sy is verdeksels aantreklik. Maar wat maak sy nou hier, sy weet tog die plaas is verkoop aan hom, en dat sy nie meer net vrye toegang kan verwag nie.

    Hy besluit om haar te gaan vasvat oor die voorbarigheid, maar net toe hy vorentoe wil tree, is dit asof iets hom keer, om te wag en kyk wat sy gaan doen, en hy bly eers staan. Hy verwonder hom hoe trots sy op die pikswart hings sit, ongelooflik sexy, en hy kriewel oor sy gedagtes. Sy blik volg haar soos sy van die perd afgly, en aanstap na die groot plat rots toe, en dan stilstaan en rondkyk. Toe vloek hy werklik, as hy sien hoe sy haar klere begin afstroop, maar sy asem stok in sy keel as die besef hom tref dat sy niks onderklere of swemklere aan het nie. Haar sonbruin kaal lyf, nou so sensueel gestrek, vol ronde borste gelig, maak sy hormone dadelik wakker en hy kreun, dít is die laaste ding wat hy nou nodig het, om so opgewerk te raak, met niemand spesiaal om intiem te verkeer nie.

    Hy kan homself egter nie keer nie, wil aanhou kyk, en nie sy teenwoordigheid bekend maak nie, alhoewel hy weet dis verkeerd, maar hy voel dis sy plaas en sy is die een wat oortree. Sy duik in, en hy wil eers sug, maar dan begin sy dryf, en hy het haar volle beeld oopgestrek voor hom, haar tepeltjies kliphard gepunt van die koue water, en hy verloor sy selfbeheersing net daar, haar ongelooflike sexy klam lyf is meer as wat hy kan hanteer. Hy sal haar wys, hy is hier, en dat sy nie net so kaal kan kom swem nie, sy moet óf loop, óf die gevolge dra. Hy weet sy sal skrik, maar hy kan homself nie keer nie, stroop sy klere en skoene vinnig af, stap saggies nader aan die water, en duik dan in.

    Dezi se asem stok in haar keel as die besef kom dat nog iemand nounet in die poel ingeduik het. Die water golf, en sy voel paniekerig, begin dan vinnig waterval toe swem, maar stamp reg in iemand vas, wat net besig is om met sy kop die water te breek. Sy verstil, as sy met ‘n skok besef dat dit die nuwe buurman moet wees, en kyk dan vas in die ongelooflikste blou oë, wat hare nou vaspriem, en tyd verstil.

    Onmiddelike seksuele golwe spoel tussen hulle, verlammend, elektries. Sy weet dis verkeerd, hy weet dis verkeerd, maar hulle oë sein die teenoorgestelde vir mekaar. Pierre verloor beheer, reik na haar, trek haar nader. Sy gaan gewillig, lig haar arms, gly dit om sy gespierde skouers. Dan kyk sy af, sien sy sterk atletiese lyf, en ril as hormone inskop. Sy kan aanvoel hy is kaal, nes sy, en meteens weet sy hy het haar heeltyd dopgehou, vandat sy hier by die poel aangekom het, en dit laat rillings van perverse genot deur haar trek. Sy besef dat hy dink sy oortree op sy grond, maar pleks van haar dadelik aan te spreek, hy haar dopgehou en toe opgewerk geraak het deur haar kaal vertoonde lyf. Dat hy haar nou vir hierdie betreding eerder só wil straf, deur haar te wys wat sy met hom reggekry het, maar dat sy die gevolge moet dra. Sy kyk nou weer op, sien die wedersydse besef van wat gebeur het in sy oë, en gee in teenoor enige iets wat moreel moet wees. Pierre voel haar besluit aan, sien dit in haar oë, en gee saam met haar finaal oor. Hy weet dis verkeerd, hulle het nog nooit vantevore ontmoet nie, is nog nooit aan mekaar voorgestel selfs nie, en het nog nooit eers twee woorde met mekaar gepraat nie, maar nou is hulle kaal bymekaar, en albei weet wat gaan gebeur. Twee vreemdelinge wat mekaar fisies onmiddelik begeer, mekaar nóú wil hê, en wat dit nie kan of wil keer nie.

    Hy leun in, lek haar onderste lip, knibbel dan saggies daaraan, sy kreun, haar mond gaan oop, uitnodigend, en hy neem hard daarvan besit, kneus haar, straf haar met sy tong wat onmiddelike oorgawe eis. Sy gee dit, deel in sy spel, laat hom toe wat hy wil. Haar bene hou op water trap, gaan oop, lig vanself op, vou om sy lyf, trek hom nader. Hy hou egter dadelik op om haar te soen, skud sy kop, en sy oë wys haar hy sal die pas besluit, hý is in beheer van hulle spel, hy sal doen wat hy wíl met haar, en sy moet net volg, dis haar straf.

    Nou trek hy verder weg, sy wil teë stribbel, maar hy neem haar hand en begin na die groot plat klip toe swem. Hy klim uit, staan nakend in die son, en sy sluk hard aan begeerte vir sy harde skag wat trots orent rek. Hy trek haar uit die water, tot styf teen hom, en druk haar net vinnig teen hom vas, maak haar onmiddelik lus vir hom, maar tart haar deur dan weg te staan. Hy treë verder terug, laat sy blik stadig en openlik oor haar gly, sy oë rus op haar gepunte tepeltjies, en sy sien hoe hy hard moet sluk aan die knop is sy keel, spiertjies trek van emosie in sy wang. Maar dan moet syself asem intrek, as sy oë vuurwarm straal soos dit haar verder verken, en dan die wete toe hy besef, haar dametjie is skoon geskeer, glad en uitnodigend.

    Dis asof dit hom laat breek, en hy sak af op sy knieë, sper haar bene oop, laat sy tong dadelik diep deur haar gleuf gly, maak haar nat met sy mond wat vassuig dan. Hy laat skielik los, kyk op, en sein woordeloos vir haar, híerdie is jou vernedering, ek neem besit van jou intiemste plekkie, op die méés intiemste manier moontlik, en dit terwyl ons nog nooit eers gepraat het nie, nog nooit ‘n drukkie gedeel het nie, en ek nog nooit eers aan jou borste geraak het nie. Jy sal so oop bene voor my staan, my toelaat om jou te proe, en daar is níks wat jy kan doen om my te keer nie. Sy kreun, maar gee toe, en verneder haarself meer vir hom, deur haar bene nóg wyer oop te maak, sy kop na haar dametjie toe af te druk, en hy gee in, begin haar te eet nes wat hy weet hulle albei wil hê. Hy speel haar, gee en neem, lek en hou dan op, knibbel dan, druk dan sy tong diep weg. Sy skree, wil meer hê, nou dadelik.

    Hy stop egter weer, kyk na haar, en sein dat sy hom moet smeek, anders stop hy, en sy doen wat hy vra, pleit by hom, maak my kom asseblief. Hy laat sy tong nou oral lek, maar haar behoorlik nat, en suig dan aan haar klit, wat haar laat kreun, en sy pleit by hom om haar te vinger ook. Sy vinger gly in haar nat warm wese in, sy tong sirkel haar klit, en dis asof dit haar laat ontplof, sy weet sy kan nie terug hou nie, smeek vir nog, maar dan skielik, bars haar vulkaan oop, vol in sy mond, en haar bene knak, maar hy hou haar regop, en hou aan om sagkens haar orgasme uit te rek.

    Sy raak stil, en hy kyk op, sy oë vuurtonge van begeerte. Sy druk hom dan terug, tot sy lyf plat op die rots lê, en buk op haar knieë voor hom. Met haar oë wat syne gevange hou, laat sak sy haar mond, en gee hom een vinnige lekkie, op sy harde kop, wat klam is van jagsgeid. Dit maak hom mal, en hy vat haar ru vas aan haar hare, druk haar mond af oor hom, eien hom die reg self toe, hy wil nou alles hê. Sy gee in, suig hom hard, haar tong teen sy skag vasgedruk. Nou beheer hy haar mond se bewegings, trek haar aan haar hare om die pas aan te gee, stoot homself diep in tot by haar keel. Maar dis dan asof hy besef hy gaan so te gou kom, wil die lekker van haar vrywillige mond geniet, en los haar hare, streel haar arms, beveel haar om sy kop te lek, hom te eet, hom te plesier. Anders, wag daar erger op haar, maar dis asof daardie gedagte haar van voor af selfs meer opwerk.

    Nou wil sy hom egter eers plesier, en sy lek al om sy kop, knibbel saggies al af met sy skag, en gly haar tong dan weer tot bo. Nou neem sy hom vol in haar mond, suig in stukke hom dieper in, haar tong spelend orals. Op en af, vinniger nou, sy kan voel hy is naby, dat hy gereed is om te kom. Sy suig meer intens, speel met haar hande aan die onderkant van sy manlikheid, en dan hoor sy hom kras roep, en hy kom vol in haar mond, warm strale, kreungeluide soos wat sy sy plesier uitrek, en sy lyf dan slap rustig raak.

    Hulle staan op, warm gesweet, duik dan saam in die koue water in. Wanneer sy opkom vir asem, sien sy hy is alreeds aan die anderkant van die poel, waar hy vandaan gekom het. Hy kyk intens diep en lank in haar oë, skalkse glimlaggie wys sy tevredenheid, maar sein dan vir haar, môre, selfde tyd, selfde plek, en sy oë wys vir haar sy beter hier wees. Hy draai om, trek sy klere aan, en stap weg tussen die bome in. Sy glimlag, arrogante buffel, maar nooit kon sy ooit hierdie anderste tevredenheid voorsien, maar sy sál weer kom, wíl weer kom, wil nog meer van hierdie heerlike straf hê, hierdie was nét die begin. Dan draai sy op haar rug en dryf weer, lyf nou vervuld, droom van wat nog gaan kom.

    L.M. HULME

    (22/12/2012)

      Current date/time is Sat 18 Nov 2017, 4:05 am