GEVANGENE VAN LIEFDE

    Share
    avatar
    Liska Mariska Hulme

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 19
    Points | Punte : 53
    Join date | Datum aangesluit : 2013-01-01
    Age | Ouderdom : 40

    GEVANGENE VAN LIEFDE

    Post by Liska Mariska Hulme on Thu 03 Jan 2013, 2:00 am

    GEVANGENE VAN LIEFDE

    Vir jou, net 'n lastige brief
    Vir my, my hart se doodsberig
    Ek smeek jou versigtig
    Lees en verstaan asseblief

    Daar is grendels om my hart
    Met skuiwergat en slot
    Vir seerkry nie weer my lot
    Deur grense genoeg getart

    Maar die loergaatjie in my hartsdeur
    Hou my aan die tob
    Ek kry dit net nie toegestop
    Maak nie saak hoe hard ek probeer

    Want sê nou ek sou weer wou
    Laaste sleutel laat praat
    Wie sal ek tog toelaat
    Om my te ontsluit as vrou

    L.M. HULME

    (12/12/2012)

      Current date/time is Thu 17 Aug 2017, 6:31 pm