Ek wou jou
vir my oppas
sodat jy naby
my kan bly
ek wou jou
teen my vashou
jy het gespartel –
want dis lankal
nie meer ek
wat jou gedagtes
beperk
nie my beeld
wat jou verbeelding
verwek
nie meer my woorde
in jou kop
se gesprek.
Ek wou jou
vir my koester
sodat jy by my
sal wil bly
ek wou jou
by my hê
en luister
na wat jy sê –
dis nie
my ore
na wie jou
woorde smag
jy haak my af
dis nie my mond
se raad
of kommentaar
wat jy verwag.
vir my oppas
sodat jy naby
my kan bly
ek wou jou
teen my vashou
jy het gespartel –
want dis lankal
nie meer ek
wat jou gedagtes
beperk
nie my beeld
wat jou verbeelding
verwek
nie meer my woorde
in jou kop
se gesprek.
Ek wou jou
vir my koester
sodat jy by my
sal wil bly
ek wou jou
by my hê
en luister
na wat jy sê –
dis nie
my ore
na wie jou
woorde smag
jy haak my af
dis nie my mond
se raad
of kommentaar
wat jy verwag.