FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Vlerkvlieg

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Vlerkvlieg   Empty Vlerkvlieg

    Post by BennyB Sun 25 Nov 2012, 8:19 pm


    donker vlerke ritsel
    waar hallusinasies kerkdraal
    in ou mens se oë

    'n nag vlerkvlieg
    oor oop grafte
    waar kinders sing
    tussen roosblaar potpourri
    'n traan drup van soutsuur beloftes
    as 'n kind vra
    mag ek maar?

    iewers in 'n nag
    roep 'n ma smekend
    waar hy vuur-oog staan
    (drank besmet)
    leerband in die hand
    'n vurk wat slaan
    in bliksem woede

    my God
    Here
    Vader nee !
    stille dood wat luier
    nog 'n roep wat skree

    donker vlerke
    donker nag
    'n skoot klap
    langs 'n ope graf
    as 'n kind se koue drome
    kaart vlieg
    in 'n ou mens se oë

    BennyB
    © 06/09/1012 Barend Booysen

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Vlerkvlieg   Empty Re: Vlerkvlieg

    Post by Louisa van Vliet Tue 29 Jan 2013, 5:25 am

    Sjoe, Benny dit baie mooi woorde, vir my ook baie lekker om oor my kinders
    te dig. Hierdie een raak diep gedagtes in my wakker.

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 3:26 pm