FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Sout in die mond

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Sout in die mond Empty Sout in die mond

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:38 pm

    panfluite hinkepink teen omkeer-gedagtes
    met 'n onewe sleur teen skewe duine,
    waar branders druis teen sout
    skulpgruis verrinneweer teen fluweelwanghout

    en die ewige dors -
    die onwrikbare dors na jou.

    skeerbuik getorring teen halfmas winde
    uitgehang teen blou se wit gebleikte vettigheid
    wat plaasklong-spoeg teen taai
    die ommeswaai van dooiety wat sleeplig swik

    en die ewige dors -
    die onwrikbare dors na jou.

    'n bloedsloop horison
    uitgehang aan hakiesdraad van môre
    se prematuur winterson;
    waar bolmakiesie mis op mis op mis
    gewyd verby die vuurtoring skif

    en die ewige dors -
    die onwrikbare dors na jou.


    © 2011 Almarie Truter.

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 8:35 pm