FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My Meisiekind

    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    My Meisiekind Empty My Meisiekind

    Post by Louisa van Vliet Tue 29 Jan 2013, 5:02 am

    Hoe dikwels het ek aan hierdie dag gedink,
    om net jou in die mooiste rok te sien, kleine pikante
    liggaampie, maar erg vroulik, die vrouwees in jou
    het wakker geword, jy het groot geword.

    Oneindig hartseer staan ek op met trane in my oë
    dit is jou dag vandag, jou troudag, jou vrouwees
    word gegee aan die een wat jou liefhet,
    die een wat al baie lank jou op sy hande gedra het.

    Jy wou dit nie besef, maar ‘n ma het geweet hierdie
    man gaan die een wees wat haar dogter se dae
    in gelukkiger dae omskep, jou seer was sy seer,
    jou lag was sy lag, jou hartseer was sy hartseer.

    Jou seer het omgeswaai na blydskap die lag in jou
    oë was leesbaar elke keer wat jy na hom gekyk het.
    en n ma het geweet hierdie is die antwoord,
    absoluut van God gestuur, Sy wil vir jou.

    Met hartseer beleef ek hoe sy haar reggemaak
    vir die groot stap in haar lewe, kameras flits
    trane word weggevee, glimlaggies word uitgedeel
    ma en dogter erg bewus van mekaar.


    Foute is gemaak in die verlede, maar dit glad nie
    ter sprake vandag, want vandag het blydskap gebring
    die lied “Meisiekind” het ‘n nuwe band gesmee
    ma en dogter herenig in God se teenwoordigheid.

    Bruidegom in ekstase want hy het die ja-woord gekry,
    Sy dag het aangebreek, want hy kry die mooiste vrou
    die vrou vir wie hy wil vertroos, wil liefhê, wil versorg
    die vrou wat God na hom gestuur het met rede.

    Meisiekind, my geluk loop oor, want jy het gekry wat jy wou,
    ‘n man van sy woord, ‘n man wat liefhet, ‘n man wat ‘n vrou waardeer.
    Meisiekind mag die sëen van God net die beste na vore vir julle bring
    mag God saam julle huweliksreis van gelukkigheid deel.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 5:38 pm