FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Jy haak my af

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Jy haak my af Empty Jy haak my af

    Post by Camsica Fri 20 Jul 2012, 4:55 pm

    Ek wou jou
    vir my oppas
    sodat jy naby
    my kan bly
    ek wou jou
    teen my vashou
    jy het gespartel –

    want dis lankal
    nie meer ek
    wat jou gedagtes
    beperk
    nie my beeld
    wat jou verbeelding
    verwek
    nie meer my woorde
    in jou kop
    se gesprek.

    Ek wou jou
    vir my koester
    sodat jy by my
    sal wil bly
    ek wou jou
    by my hê
    en luister
    na wat jy sê –

    dis nie
    my ore
    na wie jou
    woorde smag
    jy haak my af
    dis nie my mond
    se raad
    of kommentaar
    wat jy verwag.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Jy haak my af Empty Re: Jy haak my af

    Post by Rudi Coetzer Mon 23 Jul 2012, 5:54 pm

    Wat n awesome oorspronklike titel!!!!....
    (wens dit was my titel)....
    Soms word mens vir jou eie beswil(voortbestaan?)afgehak....
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Jy haak my af Empty Re: Jy haak my af

    Post by BennyB Mon 26 Nov 2012, 3:50 pm

    Ek laaik die een! Nice.

    Sponsored content


    Jy haak my af Empty Re: Jy haak my af

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 1:35 pm