FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die wiegelied

    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Die wiegelied Empty Die wiegelied

    Post by BennyB Tue 24 Jul 2012, 8:29 pm



    lewe het gekom soos 'n dief in die nag
    die deur oopgemaak, sonder om te vra
    homself as hoof
    van jou altaar verklaar

    Iewers in 'n koue alleen nag
    net duskant Duiwelskloof,
    koggel 'n reënmaker lewe
    waar hy dolos gooi
    en offers bring aan voorvader geeste,
    wie se beendere klingel klangel
    soos windvangers
    in nog 'n hoofstuk van die lewe

    in 'n opstal, is kinders se stof bedekte skoene
    diep onder katels ingeskuif,
    ou houtvloere kraak voor die keldertrap
    en uit die onskuld van 'n kinderhart
    word vroeër se wiegelied
    met grootoog onsekerheid vervang
    met net een vraag wat vashaak
    soos 'n grammofoonplaat van ouds
    '' is my bed hoog genoeg,
    weg van die tokkelos se goëlery? ''

    Lewe se ongenooide gas
    druk swaar op hart en gemoed
    waar jy stil berus dat môre
    beter sal wees,
    ontvlugting lê in die bodem van nog 'n glas
    in offer vir wat kan wees
    as jy die koord kon sny.

    In skynsel en offersang van 'n sekelmaan,
    staan ou Sipho wag soos 'n stryder van ouds
    voor kinderharte se venster vol drome
    en hy sing sy wiegelied
    '' slaap sag, slaap soete klein beminde...wees stil
    iewers in die sterrenag
    waak 'n engel net oor jou ''


    BennyB
    © 22/07/2012 Barend Booysen


      Current date/time is Thu 02 May 2024, 4:34 am