FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Ink in die wynglas

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Ink in die wynglas Empty Ink in die wynglas

    Post by AmmieMoon Tue 03 Jul 2012, 6:26 am



    in my oranje blanje blouste land
    skryf digters snags by kerse,neon flikkers
    lanterns, onder ouglans van die maan,
    geboë koepels in 'n woordebos
    geketting in slawerny van droefenis,
    in die onverganklikheid van liefde

    in my Suiderland
    skryf digters oor groenigheid op heuwels
    wat volroom pram teen grensdrade van die goddelose,
    oor die kommunis, die aktivis,
    oor misverstande, die bose

    in my Afrika
    skryf digters met trane van bloed
    want kinders kan nie meer lees nie
    en oumense is blind van te veel sien,
    'n nasie te oud van sukkel
    'n taal te jonk om heiligheid te dien

    in my vergeteland
    skryf digters om ses en twintig letters
    wanordelik te rangskik
    sodat hierdie land se reënboognasie
    aan die vettigheid van woorde kan verstik

    in my oranje blanje blouste land
    skryf digters snags by kerse,neon flikkers
    lanterns, onder ouglans van die maan,
    geboë koepels in 'n woordebos
    geketting in slawerny van droefenis,
    in die onverganklikheid van liefde.

    © 2012 Almarie Truter
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Ink in die wynglas Empty Re: Ink in die wynglas

    Post by Torm Fri 06 Jul 2012, 11:42 am

    Ek het dit voorwaar geniet!
    Sekelmaantjie
    Sekelmaantjie


    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 24

    Ink in die wynglas Empty Re: Ink in die wynglas

    Post by Sekelmaantjie Thu 12 Jul 2012, 2:06 am

    Fantasties! Een van jou beste gedigte vir my. Puik. 101 uit 100. tongue

    Sponsored content


    Ink in die wynglas Empty Re: Ink in die wynglas

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:57 pm