FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    kaktus

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    kaktus Empty kaktus

    Post by Torm Mon 25 Jun 2012, 11:42 am

    wind en weer woel verniet
    om hom in die woestyn
    waar die lewe min verbloem
    en klipharde kalante hom noem:
    die boom van pyn

    sonder water versap hy son
    - bitter slymwater in sy blom -
    en as die kleur van liefde kom
    bot, bars en verlep dit snel in die kilste nag
    uit weerwraak op die son

    en as aasvoëls lui lakonies draai
    en eendag-lewe brommers kom
    wonder ek dit oor hom:
    wie se siel droog aan flarde in die son
    vasgedoring met skerp venyn
    waar stamme kruis teen die boom van pyn

    © Torm 2012 (Verwys die kaktus van die Mojave woestyn, waar predatore hul prooi aan sy dorings hang.)

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:34 pm