wêreld van glas

    Share
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    wêreld van glas

    Post by Torm on Sat 16 Jun 2012, 6:18 am


    winterkoue verhard
    die uitsig agter my glas-
    venster (lanklaas gewas):
    tyd loop met voete van lood
    windstil plante leweloos gestol
    van alle energie ontbloot
    insekloos; die voëls kruip weg
    hul sang klink hol...
    hierdie donker front brom kras
    en vuis sy gletsergreep ysig vas

    dan skielik sidder siele sonder son sans bestek
    met, so ver as wat my uitsig kan strek,
    vreugdelose gesigte, gestolde danse, bestrafde natuur vasgevang
    die stilte maak my bang
    en, so met als nou tot bo in glas omsluit
    uiter dit dan net een geluid:
    soos ‘n glasklok wat oplaas knars en beier
    wyl die heelal finaal onder liefdeloosheid
    steier

    © Torm 2012
    Nota: “sans” beteken min of meer “sonder” of “loos” in Frans.

    avatar
    Sekelmaantjie

    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 18

    Re: wêreld van glas

    Post by Sekelmaantjie on Mon 18 Jun 2012, 1:03 am

    Baie mooi. Dis fantasties! Laughing
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    Re: wêreld van glas

    Post by Torm on Mon 18 Jun 2012, 7:17 am

    Baie dankie Sekelmaantjie!

    Sponsored content

    Re: wêreld van glas

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 19 Nov 2017, 4:23 am