Mosdoppie maan

    Share
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Mosdoppie maan

    Post by AmmieMoon on Tue 12 Jun 2012, 4:22 am


    'n maer wind swiep oor krioelende snelweë,
    die maan hang helder oordag
    (soos 'n mosdoppie)
    oor 'n pas ontwaakte stad;

    asems sweef dun deur 'n herfslandskap
    slegs hier en daar 'n skoorsteen aar
    van voorstedelike smag na warm knoestigheid
    midde baksteen en beton

    ek word die onbetrokke oog,
    waarnemer van stedelike stik en statigheid;

    maar in my kop -
    immer bewegende branders
    tussen engelvere en 'n onaangeraakte hemel
    met 'n Kaapse oortjiesuil
    wat tuis frommelveer sit en wag
    op my roepstem
    in die nag.



    © 2012 Almarie Truter


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 40

    Re: Mosdoppie maan

    Post by anderkant on Tue 12 Jun 2012, 9:33 pm

    Mosdoppie het gemaak dat ek moes kom loer. Very Happy Fantastiese vers.
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 18

    Re: Mosdoppie maan

    Post by AmmieMoon on Sun 17 Jun 2012, 4:04 am

    Wat 'n lekkerte om jou weer hier by my woorde-goete te kry...dankie my vriend ! :-)


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    Sekelmaantjie

    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 17

    Re: Mosdoppie maan

    Post by Sekelmaantjie on Mon 18 Jun 2012, 1:01 am

    Pragtig. Se so baie. My asem snak weg. Puik gedaan mammiemoon. Very Happy Razz

    Sponsored content

    Re: Mosdoppie maan

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 27 Jul 2017, 7:34 pm