Samesyn

    Share
    avatar
    AmmieMoon

    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 19

    Samesyn

    Post by AmmieMoon on Mon 11 Jun 2012, 3:57 am



    Ja, vanaand lag ons -
    ons stroop deur taai rooi kersies
    geweek in brandewyn en wonder
    of ons moet oorslaap of terugry
    na vroeë ryp

    ons lees lawwe verse en gebruik
    die woordjie fok oorbodig (tog gepas)

    ons filosofeer oor winters in die Kaap
    waar branders rebels spoeg teen 'n
    onewe kus, kinders pannekoek eet
    voor slapenstyd, waar nag sy oë
    sluit teen môre en die dag daarna
    se grou mistigheid;

    vanaand maak ons kennis
    en baklei futloos teen drange,
    drome en drake sonder spore

    ( wie gaan die lampe doof ?
    wie gaan my onderbewuste sus
    wanneer almal vlinderslag tussen
    wakkerbly en rus ? )

    maar wag, kom ons skink nog
    'n kelkie immersoet
    en sluk klewerig aan anderdag
    se sawwe bloed
    kom ons speel weer met moontlikhede
    van Russiese Roulette en die flambojante
    nar wat loer deur gate van nag

    ja, vanaand lag ons -
    oggendstond vang ons immers telkemaal
    in die binnelies van swye.

    © 2012 Almarie Truter


    _________________
    Ammie Moon
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 49

    Re: Samesyn

    Post by BennyB on Tue 12 Jun 2012, 4:20 pm

    Jy skryf ons kuier so perfek raak dat ek amper die brandewyn in die kersies kan proe! Dankie vir die vers, die naweekse ondervinding sal lank saam met ons wees!


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406
    avatar
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 40

    Stunnnnning!

    Post by anderkant on Tue 12 Jun 2012, 9:19 pm

    So lekker om die woord 'n slag te kan herhaal. Pragtige vers Ammie. Anders, uniek - eie aan jou. Stunnnning!

    Sponsored content

    Re: Samesyn

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sun 19 Nov 2017, 4:26 am