Die ver-pad, die lang-pad, die nou-pad, die eensame-pad, die klipperige-pad
Maar nooit, die “alleen-pad”
Want Hy is knus hier langs my om my op te beur
Wanneer ek stukkend voel en die lewe my skeur
Skeur met so baie kwellende gedagtes en vrae
En nuttelose, vrugtelose dae
Van wanhoop en frustrasies
En absoluut onmoontlike situasies.
Niemand, wat nog nie die pad geloop het, sal daarmee kan versoen
Om maar net tevrede te wees met die onmoontlike wat hulle doen
Maar dis uithou en aanhou, moedhou en kophou
Terwyl jy in gebed jou hande vou
En vra
Here, my Here – gee my krag vir hierdie dag
Om op hierdie lang, klipperige pad te wag
Om te midde van wat ookal mag gebeur
Ek sal weet: U IS IN BEHEER
DANKIE JESUS
Louise 21/4/2011