FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    VIR MY MOEDERTJIE

    avatar
    Louise Venter


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2012-05-02
    Age | Ouderdom : 77

    VIR MY MOEDERTJIE Empty VIR MY MOEDERTJIE

    Post by Louise Venter Wed 06 Jun 2012, 6:33 pm

    VIR MY MOEDERTJIE
    by Louise Venter Today at 12:46 pm
    Vir my Moedertjie

    My eie dierbaarste Moedertjie-lief
    Vandag stap die hartseer weer met klein treetjies in my hart
    En trap spore van diep-gewortelde smart
    Terwyl verlange soos pyle daardeur klief

    Dis dae soos vandag dat ek weereens onthou
    Van sinvolle gesprekke, mooiste musiek en saamwees
    Van telefoonoproepe, briefies en mooi goed om te lees
    Dat die verlang sy lang arms om my vou

    Ek verlang om sommernet by Moedertjie te sit
    Om saam te kan lag en oor die die lewe te praat
    Terwyl ons gedagtegange wissel tot laat
    En voor ek loop – saam te lees en te bid

    Elke oomblik saam met Moeder was vir my so kosbaar
    Om raad te vra en sommernet weer kind te wees
    Om heerlik te gesels oor wat om te lees
    En net weer in gister-jare rond te baljaar

    Die fyn humorsin, liefde vir mooi musiek
    Die onthou-jy-nog gesels-trant tot laat in die nag
    Om sommernet daar langs moedertjie se bed te wag
    En om die ure van saamwees om te sit in liriek

    Al die mooi onthou in my geheue-biblioteek
    Is geliasseer as die allermooiste liefdesverhaal
    En maak nie saak hoe ver terug ons elke insident sou haal
    In elke hoofstuk is daar hope en hope L*I*E*F*D*E versteek

    En wanneer die onthou-jy-nog fles nou leeg begin raak
    Delf ek sagkens deur my geheue-biblioteek se laaie
    Waar die waardevolste skatte gevind word in die blaaie
    En die soek en vind van ‘n Moeder se liefde so duidelik maak

    As ek al Moekie se deugde moes besing
    En dankie sê vir alles wat moeder in my en ons lewe gedoen het
    En soms onder baie moeilike omstandighede daarmee moes versoen het
    Sou ek lewenslank voor my rekenaar moes deurbring

    Baie baie dankie my moedertjie-lief
    Vir sorgsaamheid, vir omgee, vir verstaan, vir geduld, vir gebede
    Vir onmeetbare liefde, vir verrassinkies, vir vrede
    “Jesus, sê vir my Moeder – ek sê dankie – asseblief”!

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:15 pm