VIR DRIEKIE

    Share

    Louise Venter

    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2012-05-02
    Age | Ouderdom : 70

    VIR DRIEKIE

    Post by Louise Venter on Wed 06 Jun 2012, 6:16 pm

    Vir Driekie
    Lees Spreuke 31 met aandag en kry daarin
    Die beskrywing van my dierbaarste vriendin
    My mentor, my altyd-daar-vir-jou-maat
    Sy’t my altyd in die gees soveel ryker gelaat
    Haar humor, haar menswees, so min soos sy
    Deur alles – maar net Driekie gebly

    ‘n Vriendskap gebore uit ‘n hospitaal-besoek
    Wat oor jare sou vorm aanneem soos ‘n skilderdoek
    Spatsels van kleure van vriendskap, liefde, lag
    Verrassings, kuiers en pret wat wag
    Jan-Venters op Franskraal so lustig geskink
    En saam opnuut vriendskappe beklink

    Elke besoek was so vol vreugde
    Elke keer opnuut bevestig al haar deugde
    Baasbakster, kok, huisvrou, noem maar op
    Hoe heerlik die onthou van haar boontjie-sop
    My maat, my vriendin, ek mis jou so veel
    Want met jou – kon ek alles in die lewe deel

    Die inkkolle wat die letsels van siekte op die doek agterlaat
    Het groter geword toe hulle die Kaap moes verlaat
    Om by kinders te kon wees wat sou kon toesig hou
    Toe die pyn en die einas hul gate begin grou
    Ek mis die talle sms’e, die telefoon wat lui
    Met ‘n versoek om te help woorde kry
    Die blokraaisels waarmee ons so besig kon raak
    En ai, die klaarmaak, wat ‘n aangename taak!

    Haar versorgende geaardheid en grenslose liefde
    Het sy so mildelik uitgedeel
    Dit is al die helder pragtige kleure
    Wat regoor die skilderdoek speel
    Die besoek in die hospitaal was so vol hartseer
    Want ek het geweet haar tyd is min
    Gebid dat God haar weer sou heelmaak
    Vir my en ook haar gesin

    Maar, haar taak hier op aarde was wel gedaan
    Getrou haar pligte uitgevoer en haar plek volgestaan
    Sy was waarlik vrou, moeder, ouma, my maat
    Wat verseker ‘n groot leemte in my lewe laat
    Elke gedagte aan haar – ja alles – so mooi
    En gedagtes aan haar met liefde getooi
    Dankie my dierbaarste vriendin
    Jy is voorwaar - een uit ‘n “million”
    Ek mis jou!
    avatar
    BennyB

    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 48

    Re: VIR DRIEKIE

    Post by BennyB on Tue 12 Jun 2012, 4:59 pm

    "Spatsels van kleure van vriendskap, liefde, lag" - beautiful!
    Die gemis word makliker. Onthou word lewend gehou deur woorde soos die.
    I Like...


    _________________
    BennyB
    Email: editor.chief@free-style.co.za
    Fax2Email: 0865106406

    Louise Venter

    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2012-05-02
    Age | Ouderdom : 70

    Thank you

    Post by Louise Venter on Tue 12 Jun 2012, 5:58 pm

    Thank you BennyB for your comments - much appreciated - best way to express my love for a true friend - she was s special - a love that will never die - but keep on adding inerest in my heart.

    Kind Regards

    Louise Venter

    Sponsored content

    Re: VIR DRIEKIE

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 17 Aug 2017, 6:26 pm