ja
gister is grys
vannag haal nog asem
soort van
maar more
more lê lank
en sementvloer koud
op die kilheid van die kim
waar die son na die bitter lang nag
dreig
om op te kom
nee
skree die hadida
uit die donker boom
soos hy skrik
en dom lomp weg fladder
sku vir die bleekmaan
wat onsimpatiek spioeneer
tussen yl
doring-
takke
waar ’n
laksman lyk hang
© Torm 2012