FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Maan kinders

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Maan kinders  Empty Maan kinders

    Post by AmmieMoon Sun 06 May 2012, 2:21 am


    vanaand wil ek my dogters bad onder die maan,
    (geel drup reeds vir dae uit my vingerpunte)
    die vettigheid van hierdie land kleef aan hulle jeugdigheid
    die fleurigheid van jasmyn in jong meisie hare;

    eva-rose wat bloei aan tippies, pers tot soetigheid
    wit bloed in kleine lyfies oopsprei
    as dons-karos vir 'n oeroue nag,

    ek wag al eeue vir sterre om my kinders se spore
    in sandduine onder die maan te lyn,
    dese aand (oplaas)
    vertoon my dogters groter as klein -

    ek kantel 'n emalje waskom vol melk
    (verhit deur vlamme in my asem)
    vanaand wil ek my dogters bad onder die maan.


    © 2012 Almarie Truter
    Sekelmaantjie
    Sekelmaantjie


    Location | Ligging : Saldanhabaai, Kaapse Weskus
    Posts | Bydraes : 23
    Points | Punte : 47
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-01
    Age | Ouderdom : 24

    Maan kinders  Empty Re: Maan kinders

    Post by Sekelmaantjie Sun 06 May 2012, 3:13 am


    Ek is bly ek is een van daai dogters. Fantastiese vers. Het geen woorde vir dit nie. I love you
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Maan kinders  Empty Re: Maan kinders

    Post by AmmieMoon Wed 06 Jun 2012, 4:08 pm

    Jy is beslis een van daardie dogters en so spesiaal vir mamma ! Lief jou my Engelkind ! Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    Maan kinders  Empty Re: Maan kinders

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 6:46 am