Die Koningrooibekkie
pronk langstert
wit magie
in sy broeipakkie .
Sy tweede vrou
lê dae later
haar eiertjies
in die nabygeleë nes
van ñ verliefde Rooibeksysie-paar ,
tussen die riete
in die vleiland .
Daardie aand
in die hoofslaapkamer
van die vrolike plaasopstal ,
raak die boervrou swanger .
Dit is ñ laatlam .
( 26/01/2009 18h08 )
pronk langstert
wit magie
in sy broeipakkie .
Sy tweede vrou
lê dae later
haar eiertjies
in die nabygeleë nes
van ñ verliefde Rooibeksysie-paar ,
tussen die riete
in die vleiland .
Daardie aand
in die hoofslaapkamer
van die vrolike plaasopstal ,
raak die boervrou swanger .
Dit is ñ laatlam .
( 26/01/2009 18h08 )