Freezeframe ( 50 )

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Freezeframe ( 50 )

    Post by Rudi Coetzer on Wed 06 Jun 2012, 2:14 pm

    Dagbreek in die kraal
    tiptoon die dorpskinders
    neusoptrek kaalvoet
    deur die warm mis .

    Die hanskalf
    stamp stamp met sy neus
    teen die melkemmer .

    Voor die waenhuisuil
    na donker sê: “ whoo!whoo ! ”
    slaap hulle almal reeds
    ongebad en gelukkig .



    ( 28/01/2009 20h28 )


      Current date/time is Wed 22 Nov 2017, 11:23 pm