verlatenheid

    Share
    avatar
    Torm

    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 60

    verlatenheid

    Post by Torm on Sat 26 May 2012, 11:20 am


    sy probeer die wind vang
    in ‘n ou Nestum melkboks
    maar dit glip om die kante;
    wind vlug oor die rante
    soos mooi nagedagtes
    en beelde van eertydse geluk

    tussen die wasgoed
    van gister se vergrype
    was ‘n snesie van sentiment;
    nou frummel dit die hele was
    vol klein wit opdrifsels

    soos ‘n koue koppie koffie
    sluk sy vir oulaas nostalgie
    voor sy die moeë ligte afsit
    wat skaars deur die donker
    gordyne na buite kon beur;
    stap sy verby sy leë kamer
    en gaan lê agter haar toe deur

    al wat nog oorbly
    is die wegloop wind
    wat neul deur takke teen ruite
    en ‘n tolbos daar buite

    © Torm 2012
    avatar
    anderkant

    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 40

    Re: verlatenheid

    Post by anderkant on Tue 12 Jun 2012, 9:37 pm

    Hierdie vers stem my steeds met opgewondenheid. Jy bly een van my absoluut gunsteling skrywers.

      Current date/time is Sat 23 Sep 2017, 9:06 am