FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Vlamverdoof

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Vlamverdoof Empty Vlamverdoof

    Post by Barend Tue 22 May 2012, 4:41 am

    VLAMVERDOOF

    Onder die akasia boom
    eekhoring en hond vir geselskap
    langs die bomavuur
    luister ek na die naggeluide
    wens jy was hier

    tussen die melkweg
    soek ek jou dansend
    deur my hemelruim
    wagtend vir die engelgesang
    die westewind dra sag jou parfuum

    in die oranjepers vlamme
    dans lewe in verwoesting
    ek voel jou arms sag om my vou
    met port, vloei jy deur my wese
    vervul my met warm gemak

    erens hoor ek die nonnetjieuil
    jakkels roep sy vrou
    die bosveld kry weer lewe
    vlamverdoof drankverdrink
    begin ek weer in drome wegsink

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 2:45 am