FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    More se gedagtes

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    More se gedagtes Empty More se gedagtes

    Post by Barend Mon 07 May 2012, 4:25 pm

    MORE SE GEDAGTES

    Deur gister se drome
    is vandag gevind
    môre se gedagtes
    aangesweef op die wind

    oudword se stories
    dans op die ore van 'n kind
    eendag se toekoms
    wat vir hulle lê en blink

    in my wêreld se swerwes
    met oë verblind
    het jou stem gekom as redding
    my in donker gevind

    ligtoring roep my
    na 'n veilige hawe
    hier in die nat sand
    die verlede begrawe

    deur stem en gebare
    vloei jy deur my are
    voel die terugrol
    van my lewensjare

    © Barend van Huysen
    Attachments
    More se gedagtes AttachmentMore se drome.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (5 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 7:41 pm