FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 49 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 49 ) Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 49 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 03 May 2012, 12:19 pm

    My baby bekkie bokkie-blom
    is lovey-dovey
    met my

    sy cuddle my closely
    en sê sy
    is lief vir my .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    na ñ lewe se soek
    na ñ lewe se gewag

    na soms se twyfel
    na soms se seer
    na soms se nag

    na soms se lag
    na soms se hoop

    soms se huil al weer

    soms se sleg verloop
    soms my siel verkoop

    is daar nou
    ñ warm lig
    in jou oë
    wat net vir my skyn .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    in hierdie hart van my
    voel ek kaggel-cosy
    en warm en fuzzy
    oor jou en my

    en as ek
    my sin kan kry
    gaan dit tot my laaste asem
    net so bly .


    ( 16/04/2012 22h46 )
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 49 ) Empty Freezeframe ( 39 )

    Post by Rudi Coetzer Thu 03 May 2012, 12:56 pm

    Die populiere ritsel vuurhoutjie-regop
    in die agtermiddag bries .

    Op die plaashuis se stoep
    klink-klank die kloklied .

    Oupa sit grysbaard
    op die riempiesbank
    en pruim kolskoot –
    sy oë op die populierbos .

    Vannag gaan dit reën .



    ( 13/01/2009 23h45 )

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 9:23 pm