FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    KOM NEEM MY HAND

    avatar
    Louise Venter


    Posts | Bydraes : 10
    Points | Punte : 30
    Join date | Datum aangesluit : 2012-05-02
    Age | Ouderdom : 77

    KOM NEEM MY HAND Empty KOM NEEM MY HAND

    Post by Louise Venter Wed 02 May 2012, 8:52 pm

    Kom neem my hand

    Here, dit is so hartseer om die aftakeling te aanskou
    Wat besig is om elke dag meer en meer te ontvou
    ‘n totale metamorfose – dag vir dag, uur na uur
    Die uiteindelike produk – waarvoor geen kuur.
    Net genade, genade is die enigste hoop
    Om hierdie pad saam met haar te loop
    Neem my hand Mammie – ons stap saam hierdeur.

    Ons verstaan nie Here, wat is die doel daarvan
    Wie moet hieruit leer – en wie van ons kan
    Tot die einde hierdie skynbare sirkus-rol vertolk
    Dis seer en sensitief – die aanskoue steek soos ‘n dolk
    Want die hulpelose pogings dien geen doel
    Om die hitte van die stryd deur samewerking of naaste-liefde te laat afkoel
    Maar kom Mammie – neem my hand – dan stap ons aan

    Dis ‘n slingerpad wat na nêrens ly
    En die voete sonder ‘n raam onder jou uit laat gly
    Ons keer en praat – raas en dreig
    Maar deur net ‘n kyk van haar – dan moet ons swyg
    Kom dan maar wat wil – want moedswilligheid neem oor
    En moet ons regte prosedures op talle maniere uit-toor.
    Neem my hand Mammie – ons stap saam aan

    Alhoewel die mens se stryd nie is teen vlees en bloed
    Stry ons die stryd om te bad en te keer vir al die soet-goed
    Wat die brein se werking so totaal uiput
    En die moegheid nooit ophou, en sy net wil bly sit
    Dis eintlik so onnodig, want dit grens aan selfdoen-swaarkry
    Maar hoe hou ons dit in toom – hoe moet ons daarteen stry
    Maar kom Mammie – kom neem my hand – ons stap nog saam

    Die pad is nie maklik nie – die struikelblokke is veel
    Saam pak ons dit aan, gemoedere stukkend, maar word tog geheel
    Dis tande kners, uithou, aanhou – pleit, bid om genade, stil gebed
    Dat Jesus Alomteenwoordig sal wees en elke moeilike situasie red
    Dis moeilik, ja baie moeilik, maar ons moet probeer en ons gaan voort
    Om haar so lank as moontlik tuis te hou, eerder as ‘n versorgingsoord
    En duidelik hoor ons: Kom kinders, kom neem My Hand- Ek sal lei!

    Dankie Jesus, dat U altyd weet wanneer ons moeg geswoeg is en nie meer herwaarts of derwaarts weet nie –wanneer moedeloosheid verstikkend om ons vou en dan U Stem hoor: Kom, neem My Hand – Ek sal julle lei! - Amen

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 6:21 pm