Middelvinger vir rug-teen-rug

    Share
    avatar
    Rudi Coetzer

    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 51

    Middelvinger vir rug-teen-rug

    Post by Rudi Coetzer on Mon 30 Apr 2012, 4:03 pm

    Elke seisoen
    spruit sy eie prag
    mooi wat verskil
    soos dag en nag .

    Somer suggereer groen
    met ñ verkleurmannetjie se gesag

    Herfs het ñ appeltjie te skil
    met bruin rooi roes en geel .

    Winter wys middelvinger vir rug-teen-rug
    daar is niks soos môreskemering se vars lug

    Lente laat lewe na alles terugkeer
    en saans sweef en hang daar braaivleisgeur .

    Elke seisoen
    spruit sy eie prag
    mooi wat verskil
    soos dag en nag .



    ( 11/04/2012 22h25 )

      Current date/time is Sun 17 Dec 2017, 8:59 pm