Doodseisoen

    Share
    avatar
    Elmi

    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 49

    Doodseisoen

    Post by Elmi on Thu 26 Apr 2012, 2:57 am

    wanneer woorde te lank word vir sê
    gedagtes te feitelik vir dink

    Doodseisoen

    wanneer lam in elke been kom lê
    'n vel wat ongerieflik pas

    wanneer geelbruin al die groen wil hê
    donker laaste lig kom steel

    dis dan

    wanneer my kort woord eintlik sê

    ek wil gaan lê

    of die somerson terughê

    Elmi ©

      Current date/time is Wed 20 Sep 2017, 10:51 am