FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    soos gister altyd

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    soos gister altyd Empty soos gister altyd

    Post by Barend Mon 30 Apr 2012, 11:41 pm

    SOOS GISTER ALTYD

    EK sal die dag altyd onthou
    uitgeruk uit arms
    wat jou veilig moes hou
    soos gister jou glimlag nou

    die telefoon wat skree
    my gebroke wese se nee
    jou kindergesiggie
    sien ek nooit weer

    ek moes die pad aandurf
    trane baklei ek terug
    ek heroep jou stem
    nogmaals weer

    my wese ruk -ruk
    dis als so seer
    pyn verslind my wese
    ek sterf elke dag meer

    wat as plesier begin
    eindig in dood
    jou gebroke liggaam
    half begrawe in die sloot

    nou is sussie en boetie
    al amper groot
    hulle onthou nog
    die oproep van dood

    vir altyd soos gister
    sal ek jou onthou
    biddend wil nog
    my arms om jou vou.

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:23 am