Rooi en blou neon befok
gons ‘n stad vier-en-twintig-sewe
rustelose asems wat snak,
lewe sonder end
waar indringers oopbek verward
na straatname soek;
'n prentjie taal uitgelê in hiëroglief geskrifte
handelaars
(ongesteurd deur osoon-roet se sagte reën)
onderhandel en koggel potensiële klante
in makeshift winkels en stege,
waar kameras kliek
en befokte toeriste ''Ooe'' en ''Ahaa''
vir nog ‘n winskoop
in hierdie ‘copy en fake’ shopping-bliss-paradys;
so loop almal vraend en alom soekend
Westerlinge in ‘n massa-skeef-oog-wonderland
waar hulle alte tuis voel
in westerse brand-name-heaven,
ou Hong Kong se strate
deurdrenk met Britse kolonialisme
Peking Duck en Chop Suey;
rooi taxi’s vleg soos koeksisters
van verkeerslig tot verkeerslig
en vervoer lewe op luxurious plastic covered seats
met HD TV, van A tot B
waar die volgende jaw dropping experience
op besoekende vreemdes wag
in ‘n stad vol neon klater.
BennyB
©21/04/2012 Barend Booysen
- Attachments
- Neon bliss.jpg
- You don't have permission to download attachments.
- (4.7 Mb) Downloaded 1 times