FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Vrede in Van Manenstraat

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Vrede in Van Manenstraat Empty Vrede in Van Manenstraat

    Post by Camsica Mon 23 Apr 2012, 3:05 pm


    Skemer hang
    spookasem grys
    in die lug

    laaste son
    spoeg-spoeg sy strale
    oor teerpaaie
    en tussen takke
    en blare deur

    alles staan stil
    ek teug die oomblik in
    en knip-knip my oë
    saam my kamera se kliek

    ‘n dreuning dawer
    iewers bo my

    my vinger huiwer
    my oë vlug op

    op
    op
    op

    en asof uit nêrens
    verskyn ‘n metaalvoël
    met vlieënde vaandels

    die wêreld stop
    my vinger kliek
    die spookasem-wolke glimlag bolwang
    my hart sing vreugdevol

    ek het vrede.
    Attachments
    Vrede in Van Manenstraat AttachmentVlug.png
    You don't have permission to download attachments.
    (400 Kb) Downloaded 2 times
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Vrede in Van Manenstraat Empty Re: Vrede in Van Manenstraat

    Post by Rudi Coetzer Mon 23 Apr 2012, 5:36 pm

    lief die hele opbbou in jou gedig..hou sommer mens se asem op terwyl jy lees....en snak n sug van verligting saam met die vrede wat mens ervaar.....O:AWESOME pic!!!!

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 12:06 pm