daar is 'n verlatenheid binne my my lam,
'n leegheid wat nesskop in mensverlate
ure van nag van nag, waar skynbeelde
flits teen sonarm mure, teen droomlose
strepe van middelnagure, wat geen toegang
verleen, selfs nie eens aan jou nie my lam,
want soms wit ek teen skadu's van ou
beweging waar ek tas na uitgeteerde spore
en voel ek in my enigheid verlore in 'n
verlatenheid binne my my lam, 'n verlatenheid
wat nesskop in leegheid van mensverlate ure
van die nag.
© 2012 Almarie Truter