FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 48 )

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Baby , my bekkie bokkie-blom ( 48 )  Empty Baby , my bekkie bokkie-blom ( 48 )

    Post by Rudi Coetzer Mon 16 Apr 2012, 2:39 pm

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek love jou in die sitkamer
    ek love jou in die kombuis
    ek love jou in ons slaapkamer
    en ek love jou
    in elke ander vertrek
    in die res van ons huis .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    ek love die naughty in jou bedroom eyes
    ek love die ondeundheid wat jou mondhoeke optrek –
    so vreugdevol in jou so passievol vir my .

    Baby , my bekkie bokkie-blom
    wanneer wakker-word se herfsblou skies
    soggens vir ons loer deur die ruite

    ek my oë oopmaak en jou langs my kry
    maak ek my oë vir ñ oomblik weer toe
    en skreeu saggies dankie diep binne-in my .


    ( 27/03/2012 22h56 )


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:58 pm