FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+2
Rudi Coetzer
Woordelose Waarheid
6 posters

    Onwelkome Gas

    Woordelose Waarheid
    Woordelose Waarheid


    Posts | Bydraes : 4
    Points | Punte : 8
    Join date | Datum aangesluit : 2012-04-11
    Age | Ouderdom : 29

    Onwelkome Gas Empty Onwelkome Gas

    Post by Woordelose Waarheid Wed 11 Apr 2012, 12:45 pm

    Onwelkome gas.

    Aarde sluk my in,
    ouderdom, draai terug jou hardkoppige arms van tyd.
    Die daelikse sleur van pille sluk
    gestolde familie bloed
    swart skaap van 'n koue-skouer-wêreld .

    Ongevraagd
    (sonder ' n vader) is die offer gebring
    'n lewe verkoop vir n handvol lag
    'n hemel vol trane vir 'n verlore siel.


    Satan hoonlag
    oor die haat binne my.
    wie sal vir my opstaan
    om saam oorlog teen die kerk en die hel te verklaar?
    hemel bewaar my !

    Daelikse sleur van oorleef.
    die smag na liefde
    maar die sag word steen,
    'n verkoolde hart word uit my bors geskeur.

    Ouers se dade,
    onherroeplik aan kinders die skade
    tot in die sewende bitterste geslag.
    Hierdie 'n pleidooie vir onskuld
    vir die vergruising van lewens en drome,
    vir die onbevrugte doodloop van 'n mens.

    'n Swanger vrou sonder lag
    'n liggaam waarin meer as een wese wag,
    'n dors na lewe en geluk
    hoe lank moet ek nog die bitter water sluk ?

    Laat my lewe, laat my rus……

    O God, hoor tog my gebede.


    © 2012 Jan-Daniël Schoeman
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Onwelkome Gas Empty Re: Onwelkome Gas

    Post by Rudi Coetzer Wed 11 Apr 2012, 3:34 pm

    n Versugting....
    ..en nie te veel gevra.
    Die/(jou?) gemoed sterk uitgebeeld...
    ..n kreet...
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Onwelkome Gas Empty Re: Onwelkome Gas

    Post by BennyB Wed 11 Apr 2012, 7:09 pm

    Jou woorde ruk aan elke mens wat die sal lees. Jy het my weer en weer laat kyk, dink en voel. Ek staan stil by die groot werk van jou. As die jou eerste poging in Afrikaans is kan ek nie wag om meer van jou werk te lees nie! Ek staan nederig en klein vandag by die vers!!!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Onwelkome Gas Empty Re: Onwelkome Gas

    Post by AmmieMoon Wed 11 Apr 2012, 10:28 pm

    Jan Daniel, jy maak my trots om 'n ouer te wees asook 'n Afrikaner met 'n skrywers-stem ! Vandag het jy gepraat en die wêreld het notisie geneem ! Mag jou 'stem' nog luider eggo teen die kranse van Afrikaans in die toekoms.... Hierdie werkstuk spreek van diep innerlike sielswerk,asook ewe gepas as sosiale kommentaar in die hedendaagse samelewing ... Dis rou, die vrae wat gevra word is so relevant en die hulpkreet onmiskenbaar ! Ek begin eiehandig vir jou 'n mexican wave jongman.... Jy doen my taal eer aan ! Like a Star @ heaven
    Woordelose Waarheid
    Woordelose Waarheid


    Posts | Bydraes : 4
    Points | Punte : 8
    Join date | Datum aangesluit : 2012-04-11
    Age | Ouderdom : 29

    Onwelkome Gas Empty Re: Onwelkome Gas

    Post by Woordelose Waarheid Thu 12 Apr 2012, 2:41 am

    Aan SWERWER, BennyB, Ammie Moon en Rudi,

    Ek wil aan almal my opregte dank betuig vir julle mooi woorde.Dit spoor my aan om nog meer werk te skryf en die digkuns met passie aan te pak.Ek wil spesiale dank aan my pa Johan Schoeman (SWERWER)en Ammie Moon betuig vir hulle hulp met die stuk. Dit help om insette te kry van iemand so ervare soos Ammie en puntenerig soos my pa.

    Woordelose Waarheid
    Janet
    Janet


    Location | Ligging : Centurion, Pretoria
    Posts | Bydraes : 16
    Points | Punte : 36
    Join date | Datum aangesluit : 2012-03-09
    Age | Ouderdom : 54

    Onwelkome Gas Empty Re: Onwelkome Gas

    Post by Janet Thu 12 Apr 2012, 3:38 pm

    JD I salute you. You are heaven sent as a writer and I cannot wait to see more of your work.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Onwelkome Gas Empty Re: Onwelkome Gas

    Post by SWERWER Thu 12 Apr 2012, 8:23 pm

    Beste Woordelose Waarheid,

    Hou net aan om vreeloos te skryf. Moet nie enige ag slaan op heilige koeie nie. Wees getrou aan jou eie oortuigings en pen dit sodat almal kan regop sit en kennis neem.

    Ek is baie trots op jou en hierdie pragstuk wat jy hier geplaas het.

    SWERWER
    (Pa)

    Sponsored content


    Onwelkome Gas Empty Re: Onwelkome Gas

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 4:12 am