in jou dol en lëe strate
in hartseer agterplase
is skoonheid diep, diep weggebêre
ver van jou marmergange
sonder krag of water
is groeikrag diep, diep weggebêre
ons sal jou nooit verlaat nie
al sou dit ons niks meer baat
as om steeds te soek,
meer bloed te stort
daar’s ‘n paradys, paradys
weggesteek, agtergebly
die son het ondergegaan
die maan het donker gaan staan
tog gaan die natuur net aan
wie sal dit waag
om jou so aan te raak
jy wat ons vadere se gebeentes bewaar
refrein
elkeen moet eendag doodgaan
so veertig miljoen geeste
sal jou hawens en jou poorte bewaar
refrein
herhaal laaste strofe