FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Hartseer in jou glas

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Hartseer in jou glas Empty Hartseer in jou glas

    Post by Barend Wed 11 Apr 2012, 7:58 pm

    HARTSEER IN JOU GLAS

    Die hartseer van gister
    verberg in jou glas
    jou pyn, smart verdriet
    gebottel en verniet

    nooit gereken dat mens
    jou so kon beseer
    jou siening beskadig
    wêreld vebrokkel alweer

    deur woorde te uiter
    kan niemand ooit weer
    besef skade is permanent
    wie gaan dit keer

    jou pyn is wel tasbaar
    dit gebeur keer op keer
    verberg jou gevoelens
    bêre jou humeur

    diep is jy die denker
    verdoesel jou seer
    kyk onder in die bottel
    glo in die sonopkoms weer

    dit bring nuwe beloftes
    van die lewe toegedraai
    in vars lentegeur
    songebaai

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 9:11 pm