Die mossie
wip stywestokkiesbeen
oor die gebarste sement
by die agterdeur
tot by Wagter se kosbak
en steel
‘n stukkie stywepap .
In die waenhuis
bekruip die gemmerkat
ñ rotwyfie .
Vanaand gaan haar kleintjies
met hulle pienk lyfies
hulpeloos-honger slaap .
( 11/01/2009 16h38 )
wip stywestokkiesbeen
oor die gebarste sement
by die agterdeur
tot by Wagter se kosbak
en steel
‘n stukkie stywepap .
In die waenhuis
bekruip die gemmerkat
ñ rotwyfie .
Vanaand gaan haar kleintjies
met hulle pienk lyfies
hulpeloos-honger slaap .
( 11/01/2009 16h38 )