FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die fok weet

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die fok weet   Empty Die fok weet

    Post by Rudi Coetzer Thu 12 Apr 2012, 1:27 pm

    ek ken van lief
    ek ken van leed
    die vreugde van my siel
    die lykshuis van my gut
    die soetsag-reuk van jou jy
    die ondraaglike stink in my
    elke thought

    ek ken van begeerte
    van elke soort
    die begeerte na jou voel
    die begeerte na jou vat
    die begeerte na jou woorde
    “ ek is lief vir jou ”
    en jy wat dit sê so asof jy dit bedoel .

    Die fok weet

    ek ken van suffer
    ek ken van leed
    van die lewende dood
    van ‘as ek jou net kon vergeet ’
    van wens ek vrek net
    want om te lewe is net te groot

    ek ken van wonder
    van elke soort
    die wonder oor jou
    die wonder oor my
    van ‘ waarom is jy dan so blind ? ’
    van ‘ kan jy dan nie sien dat ons saam hoort ? ’

    Die fok weet

    ek ken van lag
    ek ken van huil
    ek ken van hoop
    en van confidence gestroop

    ek ken van wegkwyn
    ek ken van skuil
    ek ken van die donker binneste
    en van die binneste donker .

    Die fok weet
    ek doen .


    ( 20/03/2012 14h47 )


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 4:14 pm