FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    1 April

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    1 April Empty 1 April

    Post by Torm Thu 05 Apr 2012, 11:22 pm


    veraf eggo
    een hond se blaf
    mens kan net raai waaroor hy waarsku
    êrens krul iemand van pyn
    doodste stilte behalwe
    die haan wat kraai
    lank voor sonop:
    as hy ware lig wil hê
    sal hy baie meer as drie maal moet lawaai

    stil skommel orden en verwerk
    silikonbreine
    ons persoonlike data oornag
    vir die grys prosesse van die dag
    in ʼn duisend kantoorblokke hier naby
    en tien miljoen of meer elders
    kyk hoe tap dit die planeet se krag
    van die maan af verbeel ek my die groot aarde
    se lig het ʼn oomblik geflikker

    dalk in die oomblik se donker
    het duisende lemme
    en duisende skote
    hul teikens getref
    ʼn honderd verskuilde despote
    (of was dit ook ander gierigaards,
    in die donker sien ‘k skaars)
    het hul heffings gehef
    een miljoen of drie of dertig diewe
    het hul hande
    uitgesteek en gevat
    ʼn virus het sy wens vervul
    in die bloed van ʼn baba
    die duiwel in ʼn bottel
    het vir sy prooi gelag
    terwyl ʼn biljoen soort arachnida
    geduldig vir hulle s’n wag

    en toe blêr die lig weer
    van miljoene advertensies
    blêr die klanke weer
    van biljoene artikulasies
    deur biljoene golwe
    op miljoene frekwensies
    en toeter en knars en grom
    honderd miljoen petrolvrate
    die duiwels vlug terug in hul gate

    van die maan af verbeel ek my die groot aarde
    bewe effens en sug in rook omhul
    - geen April grap nie, ek gril -
    en toe kraak dit êrens
    smyt lawa of modder na nêrens
    maak dit ʼn desperate brander
    maar faal om iets te verander
    en klik die kalender kil
    oor na die eerste April


    © Torm herskryf: 2012
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    1 April Empty Re: 1 April

    Post by Claira Summers Sun 08 Apr 2012, 1:48 am

    Dit is een van die beste wat ek hier gelees het. Welgedaan Torm.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    1 April Empty Re: 1 April

    Post by Torm Sun 08 Apr 2012, 9:59 pm

    Baie dankie Claira!

    Sponsored content


    1 April Empty Re: 1 April

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 10:02 pm