FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Wie sal verstaan

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Wie sal verstaan Empty Wie sal verstaan

    Post by Barend Wed 04 Apr 2012, 10:40 pm

    WIE SAL VERSTAAN

    Ek is soms hartgebroke
    onstuimig soos die see
    ek wil die berg uithardloop
    teen die wind skree

    kan niemand sien ek's verlore
    is daar mense wat omgee
    ek staan hier op gebuigde kniee

    my lewe is vernietig
    my hart gereeld seer
    demone wat my wese verteer
    soms dink ek, ek kan nie meer

    kan niemand sien ek's verlore
    is daar mense wat omgee
    ek staan hier op gebuigde kniee

    deur maalstrome voer
    die lewe my mee
    bidddend al vraend
    wie sal my antwoorde gee

    kan niemand sien ek's verlore
    is daar mense wat omgee
    ek staan hier op gebuigde knieë

    deur maanlose nagte
    van verslawing losskeur
    my tot my Skepper bekeer.

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Wie sal verstaan AttachmentWie sal verstaan.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (8 Kb) Downloaded 0 times

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 10:02 am