FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jy is hier

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Jy is hier Empty Jy is hier

    Post by AmmieMoon Wed 04 Apr 2012, 2:33 pm


    jou hande is berekend
    en ek wonder oor die omvang van binnesag dye
    wat dit al verken het
    elke vroulike versugting wat jy al bevredig het
    tydens middernagtelike swye
    (die gordyne staan vol geasem met die aandwind)

    ek absorbeer elke druppel olie uit jou hande
    slurp gretig om 'n sewe jaar droogte teen my tong te les
    die gebrek in woordeskat hoorbaar tussen kepe
    van bevrediging
    (deinings in my borste nou dunner as 'n sabel lem)

    jou aankoms is dekades gelede reeds
    teen die naghemel gelyn
    met my al bibberend tussen naïwiteit en wellus
    ewig soekend na die een borsholte
    waar my hoof kan rus

    nou is jy hier
    en daar was geen manier
    waarop ek my vir hierdie liefde kon voorberei nie
    nou kraak die maan splinters in my lyf
    en ek sukkel om oor jou te skryf

    jou hande is berekend
    en ek kreun toe nag aan stukke breek in ons bed.


    © 2012 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 5:49 pm