Skemer ry die boer
stinkgesweet vuil
en moeg huistoe
sy hart vol vreugde .
Dit was die beste seisoen
in ñ dekade
en die mielies
geil skouerhoogte
in die landerye .
Hierdie jaar
vir die eerste keer
in vyf jaar sal hulle
kan see toe gaan .
Sy vrou staan op die stoep
en wag hom in
met koffie en ñ glimlag .
Die volgende middag
kom die hael .
( 11/01/2009 22h41 )
stinkgesweet vuil
en moeg huistoe
sy hart vol vreugde .
Dit was die beste seisoen
in ñ dekade
en die mielies
geil skouerhoogte
in die landerye .
Hierdie jaar
vir die eerste keer
in vyf jaar sal hulle
kan see toe gaan .
Sy vrou staan op die stoep
en wag hom in
met koffie en ñ glimlag .
Die volgende middag
kom die hael .
( 11/01/2009 22h41 )