FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Tel jou stukkies

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Tel jou stukkies Empty Tel jou stukkies

    Post by Barend Thu 29 Mar 2012, 3:11 pm

    TEL JOU STUKKIES

    Hier lê ons langs mekaar
    jy slaap rustig
    ek tel elke haar
    teveel van jou
    kan ek nooit kry
    jy lewe hier
    diep binne my

    sagte lippe my verlei
    hande wat sag
    oor my gly
    meer as net asem gedeel
    jy 'n stukkie van my siel gesteel
    tyd gaan so gou verby
    of dalk verbeel ek my

    jy die gawe met jou soen
    al ooit gewonder wat dit
    aan my doen........
    ek verstaan jy moet
    weg gaan ek sal
    maar vir nou probeer verstaan
    soek jou agter die volmaan

    rustig lê ek hier
    langs jou in
    my arms jou veilig hou
    wag vir die oggendlug se blou
    verdwaal in jou oë
    voel met jou siel
    dis hoe ek jou altyd sal onthou

    dis totsiens maar nie vaarwel
    eendag sal ons paaie weer kruis
    waneer ek jou asem hoor
    begin die bloed druis in my oor
    dankie vir jou gehieme deel
    ek weet soms die lewe een te veel
    uit jou seer, nuwe wese geheel.

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 7:46 am