FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Doodskoot

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Doodskoot Empty Doodskoot

    Post by Barend Thu 29 Mar 2012, 3:10 pm

    DOODSKOOT

    Die geweerknal
    skree en weergalm
    tussen berg en dal
    verbreek die doodse stilte
    ek besef dit is al

    jy het besluit
    uit die lewe moet jy uit
    te lank gestaan op
    die rand van die wal
    te lank gebid dat jy moet afval

    verlossing uit jou nood
    verkry deur 'n enkele skoot
    vir jou kinders net hongersnood
    wie gaan nou sorg vir 'n stukkie brood
    ontspan jy is mos klaar dood

    vir jou is die seerkry verby
    die prentjie wat jou kinders gesien het
    sal hul ewig by bly
    duisend vrae vir my
    ek sal maar seker 'n antwoord kry

    dis dan vaarwel my gewese pel
    hoop jy kies die regte paaidjie
    en kry die hemel en mis die hel
    sal mekaar weer sien
    ons wat agter bly het die seer nie verdien

    © Barend van Huysen

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:08 am