Soos ñ Alien in Atterbury Road
soos ñ Vreemdeling in sy eie land
so stap Eckard * winternag straataf
bebaard , ge-donkerbril en bejas
( ZZ Top ge-reïkarneer )
verby ñ vagrant wat in ñ asblik krap
( die smaak van honger in sy dowwe retinas ingebrand )
en probeer
sin uit die sinnelose lewe maak
terwyl slegs enkele kilometers vêrder aan
net by Pretoria Oos Hospitaal verby
aan die linkerkant
hoë heinings ge-elektrifiseer
met fancy hekke en toegangsbeheer
die koring skei van die kaf
en soveel mense sinnelose lewens lei
hulself omhul met koue kliniese marmerteëls
warm ondervloerse-verhitting
big screen 3D HD TV’s
onthaalsale biljartkamers
sauna’s jacuzzi’s verhitte-soutwaterswembaddens
en suite gastekamers
( met King Size beddens )
waar honde met of kolle of rimpels
en sport(s)motors en 4x4’s
met getinte ruite en persoonlike nommerplate
in die driveways staan
en waar Winternag
net ñ gedig van Eugene Marais
(of ñ song van Eckard Potgieter )
is .
Soos ñ Alien in Atterbury Road
soos ñ Vreemdeling in sy eie land
so stap Eckard * winternag straataf
bebaard , ge-donkerbril en bejas
( ZZ Top ge-reïkarneer )
en probeer
sin uit die sinnelose lewe maak .
Maar na vele winters
het hy geleer
dat dit sinneloos is
en maak nie saak wat nie –
die lewe gaan maar aan
en dinge verstaanbaar en onverstaanbaar , gebeur .
( * Opgedra aan Eckard Potgieter
29/03/2012 09h44 )
https://www.youtube.com/watch?v=mfdBDZ_PZkw&feature=share
soos ñ Vreemdeling in sy eie land
so stap Eckard * winternag straataf
bebaard , ge-donkerbril en bejas
( ZZ Top ge-reïkarneer )
verby ñ vagrant wat in ñ asblik krap
( die smaak van honger in sy dowwe retinas ingebrand )
en probeer
sin uit die sinnelose lewe maak
terwyl slegs enkele kilometers vêrder aan
net by Pretoria Oos Hospitaal verby
aan die linkerkant
hoë heinings ge-elektrifiseer
met fancy hekke en toegangsbeheer
die koring skei van die kaf
en soveel mense sinnelose lewens lei
hulself omhul met koue kliniese marmerteëls
warm ondervloerse-verhitting
big screen 3D HD TV’s
onthaalsale biljartkamers
sauna’s jacuzzi’s verhitte-soutwaterswembaddens
en suite gastekamers
( met King Size beddens )
waar honde met of kolle of rimpels
en sport(s)motors en 4x4’s
met getinte ruite en persoonlike nommerplate
in die driveways staan
en waar Winternag
net ñ gedig van Eugene Marais
(of ñ song van Eckard Potgieter )
is .
Soos ñ Alien in Atterbury Road
soos ñ Vreemdeling in sy eie land
so stap Eckard * winternag straataf
bebaard , ge-donkerbril en bejas
( ZZ Top ge-reïkarneer )
en probeer
sin uit die sinnelose lewe maak .
Maar na vele winters
het hy geleer
dat dit sinneloos is
en maak nie saak wat nie –
die lewe gaan maar aan
en dinge verstaanbaar en onverstaanbaar , gebeur .
( * Opgedra aan Eckard Potgieter
29/03/2012 09h44 )
https://www.youtube.com/watch?v=mfdBDZ_PZkw&feature=share