FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jou stem ophou

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Jou stem ophou Empty Jou stem ophou

    Post by Barend Mon 26 Mar 2012, 3:56 am

    JOU STEM OPHOU

    Waneer jou stem stil raak
    jou woorde ophou vir nou
    die doodsgreep soos oggend mis
    sy hande om jou hart vou

    weet die gemis van jou
    sal ons van vandag af vir altyd byhou
    gewapen met glimlaggende oë
    met geloof wat in almal bly glo

    met towerhand die wêreld beskryf
    mensdom jou weggedryf
    in niemand sien jy kwaad
    glo, genees, liefde was altyd jou raad

    nou jou stem so stil
    voëls sing sonder klank
    rose sonder kleur of geur
    hemel se blou tot deurskynend verflou

    sou jy ooit wonder wat ons sal onthou
    met gedig sê ek vir jou
    van die sonsondergang bring
    die borrel in jou lag

    badwater en kerse wat saans wag
    'n drukkie en soengroet elke dag
    arms wat my altyd omvou
    dis hoe ek jou in my gedagtes sal hou

    © Barend van Huysen
    Attachments
    Jou stem ophou Attachmentsilence.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (3 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 3:47 pm