FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die tegnologie van voel

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die tegnologie van voel Empty Die tegnologie van voel

    Post by Rudi Coetzer Fri 23 Mar 2012, 1:01 pm

    Die tekstuur
    van jou struktuur
    laat vlam die ewigheidsvuur
    in die boma van my hart

    waar die suiderlig in jou oë spontaan
    betowerende kleure weef in die druppel van ñ traan
    wat sag silwer ʼn weg teen my wang af baan
    en prentjies projekteer teen die eindelose kosmos in my brein .

    Jy laat die ingeboude natuur
    van voel wortelskiet in elke sekonde minuut uur
    van my ware entiteit wat jy so fyntjies om borduur
    met die kern van jou bestaan .


    ( 14/03/2012 23h25 )

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 3:11 am