FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Het ek jou verloor

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Het ek jou verloor Empty Het ek jou verloor

    Post by Camsica Wed 21 Mar 2012, 3:18 am

    Het ek jou
    lankal reeds verloor
    kyk ek hoe jy wegstap
    op ‘n stowwerige pad
    jou lyf laat gestalte kry
    en slingerend verdwyn

    jy glip uit my
    en soek skoor
    en los my
    met ‘n krom afdraai-laan
    waar afgeëts
    in die straat se gruis
    holtes lê van jou voetspoor.

    Ek skryf prentjies
    in die nat grond vir jou
    met verdroogde grashalms
    waarna ek gryp
    grashalms
    wat my hande sny
    en my hart laat verlep

    my liefde word geknip
    my lewe word geslyp
    ek hoop jy
    lees my prentjie raak
    en dat jy die
    boodskap sal begryp.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Het ek jou verloor Empty Re: Het ek jou verloor

    Post by Rudi Coetzer Thu 22 Mar 2012, 1:19 pm

    besef hoop wanhoop en verlies goed vasgevat.
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Het ek jou verloor Empty Re: Het ek jou verloor

    Post by Claira Summers Thu 22 Mar 2012, 3:36 pm

    Net so goeie enetjie! Goed gedoen.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Het ek jou verloor Empty Re: Het ek jou verloor

    Post by Camsica Sun 22 Apr 2012, 1:05 pm

    Baie dankie S.M en Claira vir die lees en kommentaar!

    Sponsored content


    Het ek jou verloor Empty Re: Het ek jou verloor

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 1:23 am