FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Ruite

    Barend
    Barend


    Posts | Bydraes : 115
    Points | Punte : 335
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-22
    Age | Ouderdom : 52

    Ruite Empty Ruite

    Post by Barend Tue 20 Mar 2012, 10:35 pm

    Ruite

    Die wind ruk ruk aan my mou
    al probeer ek hoe hard
    nooit sal ek dit kan vas hou
    wat gebeur het moes gebeur
    nie banke of die kerkorrel kon dit keer
    selfs my lag is nog seer
    'n traan verdamp op warm teer
    dis stil buite almal loop met eie besluite

    gooi kinders nog kleilat teen die ruite
    erens oor die vlaktes hoor jy die
    jakkels se geluide sy roep-skree
    deur my wese, steek vas in my kuite
    witgeblykte geraamtes in my kas
    ding in my verlede wat vandag nog pas
    weerloos sit ek langs die vuur
    betree alweer my donkerste uur
    dis nagstil hier buite
    al wat ek oor het is my eie besluite
    in my wese storms wat woel
    dalk weet iemand wat ek bedoel
    vir nou sluit ek my hart se luike

    © Barend van Huyse
    Attachments
    Ruite Attachmentruite.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (11 Kb) Downloaded 0 times

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 7:38 am